AfriForum en Solidariteit het ʼn groot oorwinning teen die regering behaal in die Konstitusionele Hof vandag.  Die hof het die regering se verlof tot appèl oor ʼn vorige uitspraak oor die omstrede Toerisme-ekwiteitsfonds geweier.  Hoofregter Raymond Zondo het in sy uitspraak gesê die appèlhof se besluit dat die Departement van Toerisme se ekwiteitsfonds onwettig en ongrondwetlik is, word gehandhaaf.  Die fonds is tydens die COVID-19-pandemie gestig om toerisme-ondernemings te help, maar was beperk tot ondernemings wat 51 persent of meer in swart besit was.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×