Die Burgerregteorganisasie, AfriFrorum, en die vakbond Solidariteit het namens die Solidariteit Beweging ʼn gesprek met die Pan Suid-Afrikaanse Taalraad oor die bedreigings wat die Bela-wet vir moedertaalonderrig en veeltaligheid inhou gevoer.

Die twee organisasies het uitgelig hoe sekere dele van die omstrede artikels vier en vyf van die Bela-wet nie net die voortbestaan van Afrikaanse skole onmoontlik maak nie, maar ook versuim om ander inheemse tale as onderrigtaal te bevorder.

Die uitvoerende hoof van AfriForum, Kallie Kriel, sê dit beteken dat moedertaalonderrig, behalwe vir Engels eerste taal sprekers, van alle kinders in die land ontneem word. Hy sê dit is baie gevaarlik aangesien dit oor en oor bewys is hoe belangrik moedertaalonderrig is.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×