Die burgerregteorganisasie AfriForum het ʼn dringende aansoek in die hooggeregshof in Pretoria teen die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa) gebring.

AfriForum wil verhoed dat die reguleerder munisipaliteite se aansoeke om elektrisiteitsverhogings wat op 1 Julie geïmplementeer moet word sonder kostestudie oorweeg. Kostestudies word kragtens ʼn 2022 hofbevel vir munisipaliteite se aansoeke om tariefverhogings vereis. Die bestuurder van plaaslike regeringsake by AfriForum, Morné Mostert, sê dit lyk asof Nersa die hofbevel verontagsaam.

Hy sê Nersa het onlangs kommunikasie aan munisipaliteite gestuur waarin die gebruik van ʼn inkomstevereiste-sjabloon, in plaas van die voorgeskrewe kostestudies vir tariefverhogings beskikbaar gestel word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×