Afriforum sê sy buurtwagte in en om Pretoria is daartoe verbind om die skerp toename in hinderlae op hoofweë te bekamp. Motoriste word toenemend deur boewe aangeval en vermoor deur gebruik te maak van skerp ysterpenne wat op paaie gesit word. Die rowers slaan toe wanneer ‘n motoris stop om sy band om te ruil.

Jacques Broodryk, Afriforum se woordvoerder vir gemeenskapsveiligheid, sê die buurtwag-patrollies vorm deel van burgerlike ingryping om misdadige bloedvergieting op die paaie te voorkom. Broodryk sê die modus operandi word meer algemeen en ernstige gevalle is die afgelope paar weke aangemeld. Hy het ‘n beroep op motoriste gedoen om onder geen omstandighede stil te hou nie en te ry tot waar dit veilig is. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×