Die burgerregteorganisasie AfriForum sê die parlementêre proses met die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (Bela) is ‘n bewys dat die regerende ANC ‘n totale minagting toon teen gemeenskappe en veral Afrikaans. AfriForum sê dit is betreurenswaardig dat politieke partye se druk en regsinsette nodig was voordat daar besluit is om alle openbare insette oor die voorgestelde wet te oorweeg. AfriForum sê in ‘n verklaring dit beskou die regering se voortdurende inmenging in skoolgemeenskappe se besluite oor hul taalbeleid as niks anders as ’n proses van kulturele etniese suiwering nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×