Die burgerregteorganisasie AfriForum sê die Nasionale Vervolgingsgesag versaak steeds vroue wat slagoffers van geslagsgeweld is. Die kommunikasiebestuurder van AfriForum se private vervolgingseenheid, Barry Bateman, sê die organisasie het daarom juis Vrouedag gister gebruik om die eenheid se verbintenis te bevestig om hierdie slagoffers by te staan. Hy sê dit is belangrik dat hierdie vroue ʼn stem gegee word in ʼn gebrekkige strafstelsel wat die kwesbaarste in die samelewing herhaaldelik in die steek laat.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×