AfriForum, het aansoek by die Gronwethof gedoen om hom by die hof te skaar in die aansoek van die Verkiesingskommissie dat die plaaslike regeringsverkiesing uitgestel moet word

Die burgerregteorganisasie, AfriForum, het aansoek by die Gronwethof gedoen om hom by die hof te skaar in die aansoek van die Verkiesingskommissie dat die plaaslike regeringsverkiesing uitgestel moet word. Volgens Afriforum is daar nie regsgronde of rede vir dié drastiese stap nie. Die organisasie se bestuurder belas met plaaslikeregeringsake, Morné Mostert, sê die grondwet is duidelik oor die hou van verkiesings en daar is min beweegruimte om die verkiesing tot na 1 November uit te stel. Hy sê die uitstel van die verkiesing gaan bloot nuwe uitdagings te weeg bring waar ‘n vierde golf van die coronaviruspandemie voorbedreidings opnuut in die wiele kan ry. Die aansoek word Vrydag virtueel in die Grondwethof aangehoor.

 

Luister na potgooie hieronder