Die burgerorganisasie AfriForum het Dinsdag sy eie brandweer in Bloemfontein in die Vrystaat bekend gestel.

Dit is ʼn privaat brandweerdiens.

AfriForum sê brande kan ʼn verwoestende impak op ʼn huiseienaar of sake-eienaar hê met ernsitge ekonomiese skade waarvan dit lank kan neem om te herstel.

Hoe vinniger ʼn brand onder beheer gebring kan word, hoe minder skade is daar.

Die uitvoerende hoof van AfriForum, Kallie Kriel, sê hierdie diens vorm deel van hulle self-help veldtog aangesien munisipaliteite versuim om gemeenskappe veilig te hou.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×