Die burgerregteorganisasie AfriForum het die afgelope naweek sy Sentraalstreekberaad net buite Bloemfontein gehou. Soos met die ander streeksberade was groeiende federalisme hoog op die agenda. Ongeveer 100 takbestuurslede van takke uit die Noord- en Oos-Kaap, Noordwes en die Vrystaat het die beraad bygewoon. Die uitvoerende hoof van AfriForum, Kalie Kriel het gesê takke is met inligting toegerus om uitdagings in hul eie dorpe aan te pak. Besprekingspunte het veiligheid en gebeurlikheidsplanne asook kultuurerfenis-aangeleenthede ingesluit.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×