Die burgerregteorganisasie AfriForum se tak in Parys het ’n klagte by NERSA ingedien om die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit te dwing om onwettige en gevaarlike kragverbindings te verwyder. Die munisipaliteit is vroeër in Augustus 48 uur gegee om die onwettige verbindings te herstel. Afriforum vra in ‘n brief aan Nersa om dringend in te gryp aangesien ’n werknemer van dié munisipaliteit vroeër vanjaar doodgeskok is. AfriForum sê daar is steeds niks aan die gevaarlike koppelings gedoen nie en dat dit Nersa se verantwoordelikheid is om toe te sien dat die munisiapliteit aan die lisensievoorwaardes voldoen. Die agterlosingheid van die munisipaliteit stel ook die lewens van die gemeenskap in gevaar.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×