Die burgeregte-organisasie AfriForum het hierdie week ’n omvattende verslag aan die Verenigde Nasies se Menseregteraad voorgelê oor die omvangryke agteruitgang van staatsondernemings en die verwoestende impak wat dit op dienslewering in Suid-Afrika het. AfriForum het in die verslag onder meer weer op die volgehoue onderprestasie van talle staatsondernemings gewys. Hulle het ook gewaarsku dat dié ondernemings in sommige gevalle gevaarlik naby aan ineenstorting is.
