Die burgerregteorganisasie AfriForum het soos baie ander organisasies hierdie jaar se verkiesing fyn dopgehou.

Die uitvoerende hoof van AfriForum, Kallie Kriel, sê hy is dankbaar vir AfriForum lede wat verlede week Woensdag gaan stem het.

Hy sê dit was belangrike stemme om te help om die ANC te keer om ʼn tweederde meerderheid te kry en ook om die EFF se steun te verminder.

Hy sê, hoewel daar kommer is oor die feit dat die meeste Suid-Afrikaners steeds vir linkse partye gestem het, is hierdie jaar se verkiesingsuitslag steeds goeie nuus. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×