Die burgerregteorganisasie AfriForum meen die openbare verhore oor die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) wetsontwerp is hopeloos te min, power geadverteer, swak geleë en onhaalbaar vir werkende mense om by te woon.
Die organisasie sê verder daar is geen ordelike formaat aan die verhore nie en sprekers kry dikwels onvoldoende geleentheid om hul voorleggings te voltooi. Die organisasie se woordvoerder oor die NGV, Louis Boshoff, sê die openbaredeelnameproses is opgestel in die belang van gewone Suid-Afrikaners.
Hy sê die regering probeer egter om openbare besluitneming te beperk tot ’n klein politieke elite deur die deelnameproses doelbewus af te water.