Die burgerregtegroep AfriForum is vandag in die hooggeregshof van die Wes-Kaap om die Menseregtekommissie, of MRK, se saak teen Julius Malema te monitor.
Die saak kom ná AfriForum en van sy lede in 2022 verskeie klagte teen Malema ingedien het vir sy uitlatings by ‘n EFF-vergadering wat volgens hulle op haatspraak neergekom het. Die MRK het destyds bevind dat dit wel haatspraak was en dat die EFF-leier dit moet terugtrek wat hy nie gedoen het nie. AfriForum se Ernst van Zyl sê die organisasie is bly om te sien dat hulle klagte aandag geniet.