Afriforum jeug eis optrede van UV-Bestuur oor betogings

 Afriforum jeug eis optrede van UV-Bestuur oor betogings

Afriforum Jeug het gister ‘n skrywe aan die Universiteit van die Vrystaat se Dekaan van studentesake en bestuur gerig om in te gryp nadat betogings die 2020 registrasieproses deurentyd ontwrig.

Lede van die South African Students congress en EFF-studenteleiers betoog al sedert verlede week, en personeel wat die registrasieproses moet hanteer word na bewering geintimideer.

Afriforum jeug dring aan dat die UV bestuur voorsorgmaatreëls tref om studente en personeel se veiligheid te verseker en sê dat daar al vele vergaderings met die UV-bestuur gehou is oor hierdie kwessie.