Die burgerregteorganisasie AfriForum sê die vakbondfederasie Cosatu se aantygings dat ou apartheidsvlae tydens die week se Bela-protesoptog in Pretoria vertoon is, is kwaadwillig en vals.

Sowat 10 000 mense het opgeruk om hul stem teen die klousules oor openbare skole se taal- en toelatingsbeleide te laat hoor.

LEES MEER: Meer as 40 organisasies hou optog teen Bela-wet

AfriForum en die Solidariteitbeweging, wat die optog gereël het, hou vol daar was in geen stadium enige vlae van die vorige bedeling vertoon nie.

Een persoon het wel met ʼn ou Transvaalse Vierkleur opgedaag, maar is met sy aankoms onmiddellik versoek om die terrein te verlaat.

LEES MEER: ANC-studiegroep eis dat Bela-wet onmiddellik in werking gestel word

Die uitvoerende hoof van AfriForum, Kallie Kriel, sê Cosatu se aantygings is daarop gemik om aandag van ʼn belangrike saak af te lei.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×