AfriForum het die minister van Basiese Ondewys, Angie Motshekga se onlangse steun vir moedertaalonderwys en Afrikaanse skole as verkiesingstaktiek afgemaak.
Dit het gekom te midde van teenstand teen die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette. Alana Bailey van AfriForum beweer die ANC wil Afrikaanse skole ondermyn deur swak administrasie en politieke maneuvers.
LEES MEER: Motshekga glo verbaas oor AfriForum en Solidariteit se Bela-misnoë
Sy sê AfriForum berei voor vir regsoptrede, sou president Cyril Ramaphosa die BELA-wetsontwerp onderteken.