Die burgerregteorganisasie, AfriForum, is van mening dat die aksie van die polisie om vuurwapeneienaars te teiken onder die dekmantel van wapenbeheer, ‘n ernstige misbruik van hulpbronne is.

Hulle het in ‘n verklaring gesê die polisie moet sy aandag toespits op die bedrywighede van geweldsmisdadigers, in plaas daarvan om gewonde landsburgers, veral boere, te teiken.

Die verklaring volg nadat die polisie onlangs ʼn boer in die Vrystaat in hegtenis geneem het oor beweerde onwettige vuurwapens omdat sy vuurwapenlisensies verval het. Die Konstitusionele Hof het egter in 2022 beslis het dat vuurwapeneienaars wie se lisensies verval het, toegelaat word om weer daarvoor aansoek te doen.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×