AfriForum het onthul dat belastingbetalers meer as R1,36 miljoen opgedok het vir “die sogenaamde superaanhangers” se besoek aan die Rugbywêreldbekertoernooi in Frankryk verlede jaar.

SABC-nuus berig die besonderhede oor Mama Joy Chauke en Botha Msila se reis- en verblyfkoste is vervat in terugvoering van die departement van Sport, Kuns en Kultuur.

AfriForum het ‘n aansoek ingedien ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting uit te vind oor die departement se borgskap vir Chauke en Msila.

Die burgerregte organisasie sê die bedrag dek slegs hul reis- en verblyfkoste. Geen inligting is verskaf oor hul besteding tydens die toernooi, of ander soortgelyke sportgeleenthede nie.

AfriForum het sy regspan opdrag gegee om ‘n klag by die Inligtingsreguleerder in te dien om die departement te dwing om die volledige inligting te oorhandig.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×