Afriforum open sentrum vir Plaaslike Regering om te help met gebrek aan dienslewering

 Afriforum open sentrum vir Plaaslike Regering om te help met gebrek aan dienslewering

‘n Kenner van plaaslike regeringsbestuur aan die Noordwes Universiteit, professor Rhulani Hanyane, sê inisiatiewe soos Afriforum se sentrum vir Plaaslike Regering wat pas bekendgestel is, sal gemeenskappe bemagtig om self oplossings te
vind vir uitdagings met dienslewering van onbekwame munisipaliteite.

Die drukgroep het vroeër die week gesê hulle gaan die sentrum open om opsies te ondersoek sodat gemeenskappe hulself kan regeer.

Bewerings van korrupsie en gebrekkige dienslewering in munisipaliteite sal ook ondersoek word.

Hanyane sê die situasie van talle munisipaliteite wat onder administrasie is en nie die nodige dienste kan lewer nie, noodsaak só ‘n sentrum.

LeandreAdmin@