‘n Toename in misdaad by kerke, waar kerkgangers selfs gedurende dienste aangeval word, is aldus AfriForum ‘n duidelike teken dat kerke sagte teikens geword het.

Die organisasie se afdeling vir gemeenskapsveiligheid het nou ‘n dokument vrygestel met riglyne wat kerke met beveiliging kan help. AfriForum sê hy wil kerke bemagtig om
proaktief op te tree, deur maatreëls in te stel wat sekuriteit en veiligheid verbeter.

Hy nooi ook kerke uit om kontak te maak met AfriForum-buurtwagte om groter samewerking ten opsigte van veiligheid te bewerkstelling.

error: Inhoud is beskerm !!