Die AfriForum Bloemfontein Buurtspan het hierdie week hul fokus op skoonmaakaksies in verskeie dele van die stad gerig. Van die dele sluit die President Brand Begraafplaas, Brits Monument en die ou Presidensie in. Volgens AfriForumm beklemtoon hierdie aksies die belangrikheid van beide die netheid van Bloemfonteinse woonbuurte en die bewaring van kulturele en historiese erfenis. Hulle moedig Bloemfonteiners aan om betrokke te raak want deur saam te werk kan daar ‘n skoner, veiliger en meer bewuste gemeenskap gebou word, een wat trots op sy ryk geskiedenis en kulturele erfenis is.
