Die burgerregteorganisasie AfriForum het gister sy stryd teen die
Onteieningswetsontwerp voortgesit met ’n mondelinge voorlegging voor die Gekose
Komitee oor Vervoer, Staatsdiens en Administrasie, Openbare Werke en Infrastruktuur
in die Nasionale Raad van Provinsies. Dit volg nadat ’n verdere geleentheid vir
openbare kommentaar oor hierdie omstrede wetsontwerp geopen is. Die organisasie
het reeds verskeie geskrewe en mondelinge voorleggings oor die voorgestelde
wetsontwerp ingedien waarin dit aandui dat hulle dit verwerp. Volgens die hoof van
Openbare Betrekkinge by AfriForum, Ernst van Zyl, is onteiening sonder vergoeding
staatsgoedgekeurde diefstal en gewettigde plundering wat kan lei tot die skending van
menseregte
1 Comment
Comments are closed.