Aan die hand van sy jaarlikse munisipale stortingsterrein-oudit, het die land se vulliprobleem nou ‘n nasionale krisis geword. Só sê AfriForum, nadat die burgerregteorganisasie slegs 86 uit 189 munisipaliteite kon vind wat aan stortingsregulasies voldoen. Aldus Marais de Vaal, omgewingsraadgewer skets die verslag ‘n uiters haglike prentjie.

AfriForum sê munisipaliteite moet dringend tot verantwoording geroep word, om te verhoed dat die vullisprobleem die land verder verswelg. Suid-Afrika genereer jaarliks nagenoeg 122 miljoen ton afval. Hiervan word so min as 10% herwin, met 90% wat by oorvol, wanfunksionele vullisterreine gestort word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×