AfriForum is warm onder die kraag oor die voorneme van die Departement van Onderwys in Gauteng om met ’n onafhanklike ondersoek te probeer bepaal of die Pretoria High School for Girls ‘n kultuur van rassisme kweek.
Die burgerregteorganisasie meen dit is ’n blatante poging om die gesag van die skool se beheerliggaam te ondermyn.
AfriForum se hoof van Kultuursake, Alana Bailey, sê dit bewys opnuut dat sommige onderwysowerhede ’n vendetta teen skoolbeheerliggame het. Bailey sê dit is onaanvaarbaar dat skoolkinders as politieke pionne gebruik word.
Die leerlinge wat vroeer van rassisme beskuldig is, is intussen onskuldig bevind.