Afriforum sê geweld in die land gaan hand aan hand met politieke wendings soos die nasionale verkiesing. Dit is ook in die tyd dat opportunistiese misdadigers van die geleentheid gebruik maak om ander misdade te pleeg. Afriforum se woordvoerder oor gemeenskapsveiliheid, Jacques Broodryk, sê Suid-Afrika het ongelukkig ‘n geskiedenis van geweld wat tydens politieke gebeurtenisse opvlam.
Maroela Media berig vanjaar se verkiesing gaan gepaard met ’n ongekende gevoel van onsekerheid oor die uitslag wat tot gevolg het dat wetstoepassers vir die ergste voorberei. Broodryk sê brandpunte sluit veral plekke in waar oudpres Jacob Zuma en die MK-party steun geniet. Hy het gesê skermutselings het reeds tussen lede van die grootste politieke partye uitgebreek, hoofsaaklik in KwaZulu-Natal en Gauteng.