AfriForum sê die omstrede artikels 4 en 5 van die Bela-wet kan nie toegepas word voordat minister van basiese onderwys, Siviwe Gwarube, ’n tydsraamwerk vasgestel het nie.
Die tydsraamwerk en die ontwikkeling van die nodige norme, standaarde en reguasies is om magsmisbruik in die wet se toepassing te voorkom.
Luidens ‘n mediaverklaring van AfriForum voldoen die president se aankondiging aan ‘n belangrike deel van die Solidariteit beweging se eise.
Solidariteit en AfriForum se regspanne het reeds opdrag om die finale proklamasie deeglik te evalueer. Hulle sal die grondwetlike geldigheid van die Bela-wet toets. Verder sal die regspanne insette lewer oor die voorgestelde norme en standaarde.