AfriForum sê hy sal die hooggeregshof in Pretoria nader oor die Departement van Basiese Onderwys se besluit om vraestelle te herskryf

 AfriForum sê hy sal die hooggeregshof in Pretoria nader oor die Departement van Basiese Onderwys se besluit om vraestelle te herskryf

AfriForum sê hy sal die hooggeregshof in Pretoria nader oor die Departement van Basiese Onderwys se besluit dat twee matriekeksamenvraestelle wat uitgelek het, oorgeskryf moet word.
AfriForum gaan vier matrikulante bystaan met ‘n dringende hofaansoek Woensdag. AfriForum sê ‘n tussentydse verslag het getoon dat slegs sowat 195 matrieks toegang tot die uitgelekte vraestelle gehad het.
Luidens berigte is meeste van dié leerlinge deel was van ‘n Whatsapp-groep vir top presteerders.
Volgens AfriForum sal die herskryf van die vraestelle sowat 400 000 matrikulante benadeel wat die vraestel op ‘n eerlike wyse geskryf het.

LeandreAdmin@