AfriForum se privaat brandweerdiens in Bloemfontein is 100 dae gelede in samewerking met Fire Ops SA op die been gebring.
Die diens het in hierdie eerste 100 dae gehelp om verskeie brande te blus en het tans nege permanente personeellede.
Die rampbestuurspesialis by AfriForum, Tarien Cooks, sê die regering faal gemeenskappe op verskillende gebiede waarvan brandweerdienste een is.
Privaat brandweerdienste is een van die komponente wat by AfriForum se vierde regeringsfeer-standpunt aansluit sodat daar vir die land se nageslag ’n toekoms geskep kan word.