Die toestand van rioolaanlegte het so versleg dat 334 uit die 850 aanlegte in ‘n kritieke swak toestand is. Nog ‘n skokbevinding is dat 90% dorpe landwyd drinkwater uit watermassas onttrek waarin rioolwateraanlegte verwerkte riool instort.  Van die bevindings wat Afriforum se jaarlikse onafhanklike blou- en groendruppel verslag aandui, is skokkend. Volgens Afriforum voldoen slegs 19% van die aanlegte aan die minimum standaarde wat beteken dat 81% se onbehandelde rioolwater in riviere gestort word. Luidens die verslag is 103 toetse op drinkwater gedoen en dit is steeds veilig vir gebruik, behalwe in agt munisipaliteite. Drinkwater in twee Vrystaatse dorpe, Koppies en Parys, is onveilig om te drink. Afriforum se raadgewer oor omgewingsake, Marais de Vaal, het Woensdag aan Netwerk 24 gesê rioolwater wat nie behandel word nie, kan ernstige gesondheidsrisiko’s inhou. Rioolwater beland ook in die waterhulpbronne en dit kan veroorsaak dat dinge begin skeefloop by watersuiweringsaanlegte, het De Vaal gesê. Rioolbehandelingsaanlegte is in ‘n swak toestand omdat instandhouding nie gedoen word nie. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×