Die burgerregteorganisasie AfriForum het ’n memorandum aan die Mangaung- metro oorhandig oor swak, of geen, vullisverwyderingsdienste in Bloemfontein.

AfriForum eis dat 651 inwoners daarvan kwytgeskeld word om vir munisipale vullisverwyderingsdienste te betaal, aangesien hulle van private ondernemings gebruik moet maak om vullis te kom verwyder.

Die metro het die memorandum in ontvangs geneem, en gaan dit skynbaar in die komende week bespreek.

AfriForum se hoof van gemeenskapstrukture in die sentraal-streek, Jaco Grobelaar, sê hulle regspan is oorgehaal om die saak verder te voer, indien die metro nie hierdie inwoners van betaling kwytskeld nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×