Huishoudelike vullis wat nie stiptelik deur die Mangaung-metro verwyder word nie, is onhigiënies, onooglik en onaanvaarbaar. Jaco Grobbelaar, hoof van AfriForum se sentraal-streek, sê aan Rosestad-soeklig Bloemfontein se stortingsterreine is boonop géénsins gerat om die stad se vullis te hanteer nie.

Hy sê inwoners is raadop-verby. Daar word betaal vir ‘n diens wat glad nie, of net somtyds, gelewer word. Grobbelaar sê dit is ook onregverdig dat sekere inwoners nou dubbel vir vullisverwydering betaal. Die munisispaliteit behoort aldus AfriForum minstens kwytskelding te gee wat gelykstaande is aan die bedrag wat inwoners vir private vullisverwydering betaal. Sy regspan het reeds opdrag gekry om die metro hieroor aan te vat.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×