Die burgerregteorganisasie AfriForum het ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting, ’n formele aansoek aan die Suid-Afrikaanse Polisiediens gerig om duidelikheid te verkry oor die aantal polisiestasies wat op privaat sekuriteit staatmaak om polisiestasies en ander -persele te beveilig.
Dit volg nadat die minister van Polisie, Senzo Mchunu, voorgestelde wysigings aan regulasies ingevolge die Wet op die Regulering van die Privaat Sekuriteitsbedryf, in die Staatskoerant gepubliseer het.
Die organisasie sê volgens die regulasies gaan private sekuriteit basies ontwapen word. Hierdie voorgestelde wysigings is volgens AfriForum se hoofwoordvoerder van Gemeenskapsveiligheid, Jacques Broodryk, absoluut absurd.