Die Onteieningswetsontwerp moet na die Nasionale Vergadering terugverwys word. Dit is AfriForum se versoek, wat hy per brief aan president Cyril Ramaphosa rig.
Sy skrywe dring aan dat uiters ernstige oorweging geskenk word aan die grondwetlikheid van die konsepwetgewing. Die burgerregteorganisasie sê hy soek redes, indien sy versoek afgewys sou word, en dat dit ook ‘n geleentheid vir verdere voorleggings aan die president se kantoor sal noodsaak.
Die organisasie se hoof van openbare betrekkinge, Ernst van Zyl, sê AfriForum staan onwrikbaar in sy teenstand van die Onteieningswetsontwerp.