Die burgerregte-organisasie AfriForum doen ‘n beroep op waarnemende appèlregter Raylene Keightley van die Hoogste Hof van Appèl om haar te onttrek van die Kill the Boer-saak. AfriForum vra vir die hersamestelling van die paneel wat verantwoordelik is vir die besluit oor die organisasie se appèlaansoek teen Julius Malema en die EFF oor die omstrede Kill the Boer-liedjie. AfriForum beskuldig regter Keightley daarvan dat sy vooroordeel teenoor die organisasie toon.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×