AfriForum verwelkom die verhoging van die perk vir selfopwekking van krag

 AfriForum verwelkom die verhoging van die perk vir selfopwekking van krag

Foto: EWN

Die burgerregte-organisasie AfriForum het President Cyril Ramaphosa se aankondiging verwelkom dat die perk vir die selfopwekking van krag van 10 tot 100 megawatt verhoog word.

Ramaphosa het dié aankondiging tydens Donderdag se vraag-en-antwoordsessie in die Nasionale Raad van Provinsies gemaak.

AfriForum sê hy en nog ‘n aantal organisasies het die minister van Minerale Bronne en Energie, Gwede Mantashe, onlangs skriftelik versoek om die perk tot minstens 50 megawatt te verhoog.

Volgens Afriforum sal die verhoging die las op Eskom verlig, asook Eskom se monopolie as energie-opwekker beperk.

LeandreAdmin@