Die AfriForum-buurtspan het onlangs honderde sakke vullis in buurte in Bloemfontein opgetel en etlike hektaar gras is in parke gesny.

Dié span pak die afgelope tyd verskeie projekte aan om buurte in Bloemfontein skoon te maak. Hierdie projekte strek oor verskeie areas en sluit die instandhouding en skoonmaak van erfenisterreine, parke en openbare ruimtes in. As deel van hul pogings om erfenisgebiede te beskerm, is die tuine van die Ou Presidensie-museum, die Brits-monument en die Pres. Brand-begraafplaas skoongemaak en die gras gesny.

In ander woonbuurte soos Rayton, Heuwelsig en Pellissier is parke ook skoongemaak en die gras onderhou. Volgens die Rosestad se distrikskoördineerder, Christo Groenewald, help die skoonmaak en versorging om gemeenskappe te verening en kweek dit ‘n trotsheid vir hul omgewing by mense.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×