Volgens AfriForum het die uitbetalings van eise, vir onregmatige inhegtenisname deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) vir die duur van voormalige Polisieminister, Bheki Cele, se termyn vanaf 2018 tot Junie 2024, meer as R2,4 miljard beloop.
Hulle voeg by dat daar in 2023/2024 alleen uitbetalings van minstens R600-miljoen gemaak is. Vergeleke met uitbetalings wat in 2018/2019 gemaak is, kom die afgelope jaar s’n neer op ’n toename van nagenoeg 70%.
AfriForum hou vol dat dié skokonthulling die dringende hervorming van die SAPD se opleidingsprogramme en -praktyke nou noodsaak.