Die burgerregteorganisasie AfriForum doen ‘n beroep op gemeenskappe om volgende week kommentaar te lewer oor die wetsontwerp op Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) tydens publieke verhore. Die NGV dien tans voor die Nasionale Raad van Provinsies. AfriForum bestempel die wetsontwerp as drakonies. Volgens die organisasie sal die impak van die NGV uiters verwoestend wees. Dit sal onder meer aan die minister van Gesondheid onredelike mag oor die privaat gesondheidsektor gee en lei tot ’n drastiese uitvloei van mediese kundigheid uit Suid-Afrika. AfriForum meen dit sal ook ’n ondraaglike las op belastingbetalers plaas. Die verhore sal Maandag in die Wes-Kaap afskop.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×