AfriForum sê ander rolspelers moet aanspreeklik gehou word ná die valse uitbeelding van Jaco Pieterse as ’n verkragtingsverdagte.

SABC News berig dat Pieterse, die skoolhoof van Bergview College, is op sosiale media verkeerdelik met die verkragting van ’n 7-jarige leerder verbind nadat ’n ministeriële verklaring sy naam foutief genoem het.

Sy veiligheid is bedreig, en politici soos Julius Malema het hom openlik as ’n verkragter beskryf. Volgens die AfriForum se woordvoerder, Barry Bateman het die organisasie vir Pieterse van die begin af verdedig en hom bygestaan om sy naam te herstel.

Die organisasie sê hulle aanvaar die verskoning van minister Senzo Mchunu ná ’n brief waarin erken word dat Pieterse onregverdig beskuldig is.

LEES MEER: ANC Vroueliga betoog teen geweld teen vroue

Hulle meen egter ander openbare figure wat bygedra het tot die verkeerde beskuldigings, moet ook aanspreeklik gehou word.

Die polisie het bevestig dat Pieterse nie as ’n verdagte beskou word nie en dat daar geen bewyse teen hom bestaan nie.

LEES MEER: Verkeerde Jaco Pieterse vir verkragting op sosiale media geteiken

1 Comment

Comments are closed.

error: Inhoud is beskerm !!