Die burgerorganisasie AfriForum en die organisasie se meer as 160 takke landwyd plant elke jaar gedurende September bome om ’n blywende impak op die natuur te maak.
Hulle het vanjaar se projek in Bronkhorstspruit in Gauteng afgeskop deur vrugtebome by die Eden Gemeente te plant.
AfriForum se raadgewer vir omgewingsake, Marais de Vaal, sê gemeenskappe word met hierdie projek bewus gemaak van die belangrikheid van volhoubare omgewingspraktyke.
Die organisasie spoor gemeenskappe en sy takke aan om self verantwoordelikheid te neem vir die beskerming en bewaring van hul omgewing.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×