AfriForum wil help met die regering se koronavirus-maatreëls

 AfriForum wil help met die regering se koronavirus-maatreëls

AfriForum sê hy is gewillig om ‘n opbouende rol te speel met die uitvoering van die regering se praktiese maatreëls om die verspreiding van die koronavirus te beperk.

Suid-Afrika het 62 bevestigde gevalle van die virus, wat meer as 4000 slagoffers wêreldwyd geëis het.

Ernst Roets van AfriForum sê hulle wil met die departement van Gesondheid vergader sodat hulle betrokke kan raak by dieverspreiding van inligting.

Intussen het die Universiteit van die Vrystaat en die Sentrale Universiteit van Tegnologie, volgens Netwerk24, ook voorlopig alle klasse en bedrywighede wat kontaksessies betref op kampus as voorsorgmaatreël gestaak.