President Ramaphosa en ander Afrika leiers se samesprekings met Russiese president, Wladimir Poetin het gister in St Petersburg begin. President Cyril Ramaphosa het aan Poetin herhaal wat hy ook in Oekraïne gesê het – dat die Afrika-staatshoofde graag na Rusland én Oekraïne se onderskeie standpunte oor die oorlog in die streek wil luister, en wil help om vrede te bemiddel. Rusland het Oekraïne sestien maande gelede ingeval. Die leiers van Senegal, Egipte, Zambië en die Comore vergesel Ramaphosa. Ramaphosa het die afgevaardigdes toegespreek. Die Afrika-leiers het tien vredesvoorstelle aan Rusland voorgehou, waarin onder meer gevra word dat Rusland Oekraïense graanuitvoere toelaat.
