Afrikaans en die Khoi- en Santale is inheemse tale van Suid-Afrika. Netwerk24 berig dit is bevestig deur ‘n regsmening wat dr. Blade Nzimande, minister van hoër onderrig, wetenskap en innovasie, self ingewin het na volgehoue druk van dr. Leon Schreiber, DA-LP, om dit ook so in die taalbeleidsraamwerk vir openbare hoëronderwys-instellings te weerspieël. Die regsmening beveel ook aan dat Nzimande dit oorweeg om die taalbeleidsraamwerk, wat op 1 Januarie vanjaar in werking getree het, te wysig om die inheemse status van Afrikaans en die Khoi- en Santale daarin te erken. Schreiber het dit Woensdagmiddag beskryf as ‘n historiese oorwinning vir die beskerming en bevordering van Suid-Afrika se kulturele en taaldiversiteit.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×