Volgens die 2022 sensus wat gister vrygestel is, is Afrikaans die derde grootste taal wat in die land gepraat word. Die taal wat die meeste gepraat word in ‘n totale bevolking van 62 miljoen, is Zulu met 24,% van die bevolking wat die taal praat, aldus BusinessTech. Die Zulu-taal verteenwoordig 15,13 miljoen mense. In die tweede plek is Xhosa met 10,11 mense wat die taal hoofsaaklik in die Oos-Kaap praat. Dit is 16,3% van die land se bevolking. Afrikaans word deur 6,57 mense gepraat en verteenwoordig 10,6% van die land se mense. Afrikaans word hoofsaaklik in die Noord-en Wes-Kaap gepraat. Kort op Afrikaans se hakke is Sepedi wat deur 6,2 miljoen mense gepraat word. Alhoewel Engels oorwegend in die sakewêreld gepraat word, verteenwoordig dit slegs 8,7% van die bevolking se eerste taal, oftewel 5,39 miljoen mense. INTUSSEN, is Afrikaans onlangs deur die minister van hoër onderwys, Blade Nzimande, uitgelaat toe hy in Julie die definisie van inheemse tale in die taalbeleidsraamwerk vir hoëronderwysinstellings gewysig het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×