Die nege lewensgrootte letters wat die woord “Afrikaans” uitspel het veilig tot by die Taalmonument in die Paarl gereis.
Dit nadat hulle, as deel van die 1 400km lettertoer, vroeër die week ‘n vinnige pitstop in Bloemfontein gemaak het.
Die kunswerk is ter viering van die Afrikaans Amptelik 100-fees wat op 8 Mei afskop.
Volgens ‘n plasing op AfriForum se sosiale media sal die letters weer na die fees na Pretoria terugkeer vir die Afrikaans Amptelik100 se Gauteng-feesvieringe.
Die letters sal daarna by die Voortrekkermonument uitgestal word.
Elkeen van die letters staan sowat 2m hoog en beeld die belangrike bydrae tot die groeie en voortbestaan van Afrikaans deur die onderskeie instellings uit.