Afrikaans, Khoi en San sal nou as inheemse tale in die taableleidsraamwerk vir hoëronderwysinstellings geherklassifiseer word. Netwerk24 berig dit kom nadat Blade Nzimande, minister van hoër onderrig, wetenskap en innovasie, in ‘n parlementêre antwoord bevestig het dat die definisie van inheemse tale in die taalbeleidsraamwerk gewysig sal word. Hy hou egter steeds vol dat daar nooit enige dispuut was oor die status van Afrikaans as ‘n inheemse taal nie. Nzimande het self ‘n regsmening ingewin waarin daar aanbeveel word dat hy dit moet oorweeg om die taalbeleidsraamwerk wat op 1 Januarie in werking getree het, te wysig om die inheemse status van Afrikaans, Khoi en San daarin te erken.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×