Afrikaans word steeds nie as ’n inheemse taal erken nie.

Maroela Media berig dít blyk duidelik uit ’n onlangse geskrewe antwoord van doktor Blade Nzimande, minister van hoër onderwys.

Sy antwoord volg op ’n vraag van die DA oor wanneer ’n aangepaste definisie – wat Afrikaans as inheemse taal sal weerspieël – in die Staatskoerant gepubliseer gaan word.

Nzimande het vermeld dat dit met verdrag sal gebeur, en dalk in die tweede helfte van die jaar.

Hy hou vol dat sy beleidsraamwerk vir taalgebruik in hoër onderwys nié teen Afrikaans as een van die land se inheemse amptelike tale diskrimineer nie.

Afrikaans, asook die Khoi- en San-taalfamilie, is as sogenaamde uitheemse tale in dié beleidsraamwerk geklassifiseer.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×