Die Afrikaanse erfenis wat in die Voortrekkermonument in Pretoria bewaar word, word bedreig deur ’n onbetroubare kragtoevoer wat bewaringsmetodes nutteloos maak.

Kabeldiefstal en kragonderbrekings laat die monument op ’n gereelde basis vir dae sonder krag.

In die monument se argiewe werk Lizette Jansen en sy verduidelik aan Rosestad-nuus dat hul bewarings metodes nie optimaal werk sonder elektrisiteit nie.

LUISTER HIER:

Die monument se bedryfshoof vertel aan Rosestad-nuus dat menigte oorspronklike stukke reeds skade opgedoen het.

Voorbeelde van skade sluit in ink wat in ’n dagboek tydens die Anglo-Boereoorlog gebruik is en foto’s wat besig is om te vervaag .

Die monument en natuurreservaat kry glo geen belastingbetalersgeld as staatsteun nie en sukkel om met ’n kragopwekker te red wat nog gered kan word.

Verdowwe Argitektekeninge deur Gerhard Moerdijk (1890-1958). FOTO: Verskaf

Die Voortrekkermonument het die “Gee ons krag“-projek van stapel gestuur om hierdie situasie aan te spreek.

Daarmee wil hulle deur ’n sonkragprojek wat R7 miljoen gaan kos onafhanklik raak van die land se elektrisiteitsprobleme. 

Die Voortrekkermonument kan gehelp word by hierdie skakel. Gee ons krag projek

error: Inhoud is beskerm !!