Nege lewensgrootte letters wat die woord “Afrikaans” uitspel, is gereed om ter viering van Afrikaans se 100ste bestaansjaar as amptelike taal, op toer na die Taalmonument te gaan.

Volgens Maroela Media is elke letter uniek versier deur ʼn organisasie van die Solidariteit Beweging met grafiese ontwerpe wat hul werk en waardes uitbeeld.

Dié monumentale kunswerk gaan in ʼn konvooi vanaf die Beweging se hoofkantoor in Pretoria tot by die Taalmonument in die Paarl reis, waar dit van 8 tot 11 Mei deel van die Afrikaans 100-feesvieringe gaan wees.

Kom kuier saam met Rosestad-nuus oor middagete Donderdag om die letters te besigtig wanneer hulle ‘n pitstop maak by die die Shell Ultra City – Bloemfontein.

error: Inhoud is beskerm !!